Stem oor IP

'n Skematiese voorstelling van "Stem oor IP"-kommunikasie.
'n VoIP-telefoon

Stem oor IP of VoIP (Engels vir Voice Over IP) is die oordrag van spraak (stemdata) tussen gebruikers oor die Internet of 'n ander IP-netwerk. Hierdeur word telefonie oor datanetwerke moontlik en kan die voorheen afsonderlike wêrelde van spraak- en datakommunikasie saamgevoeg word. Kostes word sodoende bespaar omdat dieselfde infrastruktuur vir beide doele gebruik word. Stem oor IP maak ook die ontwikkeling van nuwe innoverende produkte en dienste moontlik.

VoIP is nie dieselfde as VoDSL nie. By VoDSL word 'n telefoonlyn oor 'n ADSL-lyn geïmplementeer sonder om van die Internet gebruik te maak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search